Bietjie meer oor ons skool

Misa Muis Babahuis is 'n eksklusiewe spog skool in Doringkloof Centurion, waar ons nooit na meer as 12 kleintjies per klas kyk nie.  Daar is net 4 klassies, so elke kleinding kry die beste moontlike aandag en sorg. Elke klas het n juffrou en assistent, en daar is nooit meer as 42 kinders in die skool nie. Ons het n baie spesifieke roetine, vir etes, slaap, speel en ook vir stimulasie, maar ons pas ook graag aan by die ouers se roetines waar dit prakties moontilk is.
​ 
Klassies word opgedeel volgens ouderdom, en ons kyk na maatjies vanaf 3 maande tot en met 5 jaar.  Ons klaskamers is ruim, skoon, en helder, met hope natuurlike lig wat instroom.  Daar is genoeg badkamers vir die kleintjies, met wasbakke op hulle eie hoogte om handjies te kan was.  Ons het vriendelike opgeleide personeel, wat elke dag spesifieke leer programme aanbied volgens kinders se ouderdomme. Ons werk op n  persoonlike vlak  met die kindertjies, om seker te maak hulle behaal hulle mylpale vir die gronslagfase van hulle vroeë ontwikkeling.

Sekuriteit en Kameras.
Sekuriteit is een van ons grootste prioriteite.  Ons het 20 CCTV Kameras op ons perseel. Daar is twee HD Kameras en n Monitor in elke klas.  Daar is n verdere 12 Kameras wat 24 uur per dag, binne, en buite op die speel areas opneem. Ons het n groot parkeer area binne die skool, met n kode beheerde ingang, en uitry hek.  Daar is ektriese omheining reg rondom die skool, en elke personeellid dra n afstand beheerde Paniek knoppie, wat direk gekoppel is aan ons Sekuriteits maatskappy, wat spog met n gemiddelde reaksie tyd van minder as 2 minute tot by die skool.

© 2023 by Little Tots Preschool.

Proudly created with Wix.com